wegskram [boodskap #136368] |
Ma, 26 April 2021 13:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wegskram
Afbreking: weg•skram
Samestelling: weg + skram
Werkwoord: skram weg, wegskram
Verlede tyd: het weggeskram
Betekenis:
• Skuins van die aankomende rigting wegspring.
• (figuurlik) Iets vermy of ontduik; probeer om daarvan weg te kom.
Gebruik:
• 'n Krokodil se vel is so dik dat dit spiese, pyle en selfs koeëls laat wegskram.
• Moenie wegskram van moeilike keuses nie.
Sinoniem:
• afkeer
• afkets
• afstoot
• afstuit
• koes
• ontwyk
• terugdeins
• terugspring
• terugstuit
• vermy
• wegdruk
• wegspring
• wegslaan
Afgelei:
• wegskramhou
• wegskrammery
• wegskramskoot
• wegskramstoot
Vertaling:
Engels: to deflect, bounce away, ricochet; to avoid, sheer away from
Nederlands: afstoten; ontwijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|