verdigting [boodskap #136355] |
So, 25 April 2021 20:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdigting
Afbreking: ver•dig•ting
Samestelling: verdig + -ting
Selfstandige naamwoord: verdigting
Meervoud: verdigtinge, verdigtings
Verkleinwoord: verdigtinkie
Meervoud van verkleining: verdigtinkies
Betekenis:
• Die handeling van digter maak.
Gebruik:
• Die verdigting van uitheemse indringerplante het tot die omvang van die brand bygedra.
Sinoniem:
• kondensering
• kompaktering
• kompaksie
• kompressie
• samepakking
• samepersing
Antoniem:
• verdunning
Afgelei:
• teksverdigting
• verdigtingsgraad
• verdigtingsproses
• verdigtingspunt
• verdigtingswarmte
Vertaling:
Engels: densification, compression, consolidation, condensation
Nederlands: verdichting
Selfstandige naamwoord: verdigting
Meervoud: verdigtinge, verdigtings
Verkleinwoord: verdigtinkie
Meervoud van verkleining: verdigtinkies
Betekenis:
• Die handeling van dinge versin (iets opmaak of verbeel).
Gebruik:
• Dit is soms moeilik om waarheid en verdigting van mekaar te skei.
Sinoniem:
• storie
• verdigsel
• versinsel
• fiksie
Vertaling:
Engels: fiction, invention, fabrication
Nederlands: verdichting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|