pedanties [boodskap #136339] |
Sat, 24 April 2021 07:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pedanties
Afbreking: pe•dan•ties
Byvoeglike naamwoord: pedanties
Attributief: pedantiese
Betekenis:
• Geneig tot oordrewe korrektheid, dikwels op 'n beterweterige manier. Gefokus op detail tot in die fynste besonderhede, soos 'n onderwyser (pedagoog) dit doen.
Gebruik:
• Hoe dra mens die boodskap oor sonder om te pedanties of prekerig te raak?
Sinoniem:
• beterweterig
• foutsoekerig
• meerderwaardig
• meesteragtig
• oorpresies
• puntenerig
• skoolmeesteragtig
• voorskriftelik
• wysneusig
Vertaling:
Engels: pedantic
Nederlands: pedant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|