ontgogel [boodskap #136334] |
Fri, 23 April 2021 17:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontgogel
Afbreking: ont•go•gel
Werkwoord: ontgogel
Verlede tyd: het ontgogel
Betekenis:
• Om iemand van 'n illusie te ontneem; op 'n ruwe manier ontnugter.
Gebruik:
• Ná elke verkiesing is die kiesers opnuut ontgogel, maar hulle hou eenvoudig aan om vir dieselfde party te stem.
Sinoniem:
• disillusioneer
• ontnugter
• teleurstel
Afgelei:
• ontgogeling
Vertaling:
Engels: to disillusion
Nederlands: ontgoochelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|