dooiepunt [boodskap #136322] |
Wed, 21 April 2021 17:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dooiepunt
Afbreking: dooi•e•punt
Samestelling: dooie + punt
Selfstandige naamwoord: dooiepunt
Meervoud: dooiepunte
Verkleinwoord: dooiepuntjie
Meervoud van verkleining: dooiepuntjies
Betekenis:
• 'n Moeilike situasie vanwaar daar nie verder vordering gemaak word (of gemaak kan word) nie.
Gebruik:
• Die onderhandelinge tussen Rusland en die VSA het weereens op 'n dooiepunt uitgeloop.
Sinoniem:
• doodloopstraat
• impasse
• stilstand
Afgelei:
• dooiepunttoestand
Vertaling:
Engels: deadlock, stalemate
Nederlands: impasse
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|