| wegneemete [boodskap #136321] |
Wo., 21 April 2021 16:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Pizza word dikwels as 'n wegneemete bestel.
wegneemete
Afbreking: weg•neem•ete
Samestelling: wegneem + ete
Selfstandige naamwoord: wegneemete
Meervoud: wegneemetes
Verkleinwoord: wegneemetetjie
Meervoud van verkleining: wegneemetetjies
Betekenis:
• 'n Maaltyd wat by 'n restaurant afhaal word, meestal kits- of gemorskos.
Gebruik:
• Vis-en-tjips is 'n gewilde wegneemete.
• Samoesas en bunny chow is eg Suid-Afrikaanse wegneemetes.
Sinoniem:
• wegneemkos
Vertaling:
Engels: take-out food, take away
Nederlands: afhaalmaaltijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|