Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fetus
fetus [boodskap #136320] Wed, 21 April 2021 16:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Tekening van 'n menslike fetus, deur Leonardo da Vinci.
Tekening van 'n menslike fetus, deur Leonardo da Vinci.
fetus
Afbreking: fe•tus


Selfstandige naamwoord: fetus
Meervoud: fetusse
Verkleinwoord: fetussie
Meervoud van verkleining: fetussies

Betekenis:
• Die ongebore vrug van 'n mens of dier wat uit 'n embrio ontwikkel en tot 'n organisme groei.

Gebruik:
• 'n Fetus beskik reeds oor al die belangrike organe, hoewel dit nog nie ten volle ontwikkel is of op die regte anatomiese plekke voorkom nie.

Afgelei:
• fetusgroei
• fetusontwikkeling
• fetusstadium

Verwant:
• fetaal

Vertaling:
Engels: fetus
Nederlands: foetus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geduld
Volgende onderwerp: wegneemete
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 11:40:10 UTC 2025