eponiem [boodskap #136310] |
Tue, 20 April 2021 18:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eponiem
Afbreking: e•po•niem
Selfstandige naamwoord: eponiem
Meervoud: eponieme
Verkleinwoord: eponiempie
Meervoud van verkleining: eponiempies
Betekenis:
• 'n Woord wat deur 'n eienaam gevorm is.
Gebruik:
• Morsekode is 'n eponiem omdat dit na die uitvinder daarvan, Samuel Morse, vernoem is.
Sinoniem:
• naamgewer
• vernoemde
Afgelei:
• eponimies
Vertaling:
Engels: eponym
Nederlands: eponiem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|