kwyt [boodskap #136307] |
Tue, 20 April 2021 14:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwyt
Afbreking: kwyt
Werkwoord: kwyt
Verlede tyd: het gekwyt
Betekenis:
• Om iets te voltooi of jou plig te doen; vervul of voldoen.
Gebruik:
• Hy kwyt hom goed van sy taak.
Vertaling:
Engels: to discharge, acquit one's self
Nederlands: kwijten
Byvoeglike naamwoord: kwyt
Attributief: –
Betekenis:
• Van iets of iemand vry, ontslae of verlos wees.
Gebruik:
• 'n Skurk het by my motor ingebreek en nou is en my skootrekenaar kwyt.
Spreekwoord:
• Hy raak die kluts kwyt. [Verward; deurmekaar.]
• Wat jy bedank, is jy kwyt. [As jy 'n present afwys, kry jy dit nie later nie.]
• Wie nie pas op sy tyd, is sy maaltyd kwyt. [Wie laat kom, kry geen kos nie.]
Sinoniem:
• beroof
• byster
• ontslae
• soek
• sonder
• verlore
• vry
• weg
Afgelei:
• kwytbrief
• kwytraak
• kwytskel
Vertaling:
Engels: lose, get rid
Nederlands: kwijt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|