Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwetsend
kwetsend [boodskap #136306] Tue, 20 April 2021 13:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kwetsend
Afbreking: kwet•send


Byvoeglike naamwoord: kwetsend
Vergrotende trap: kwetsender
Oortreffende trap: kwetsendste
Attributief: kwetsende
Partitief: kwetsends

Betekenis:
• Wat beledig of aanstoot gee, veral deur kras taalgebruik.

Gebruik:
• Hy was later baie spyt oor sy kwetsende opmerking.

Sinoniem:
• aanstootlik
• beledigend
• bitsig
• bytend
• geniepsig
• griewend
• krenkend
• kwaadwillig
• lasterlik
• liederlik
• nadelig
• onbeleefd
• onbetaamlik
• onhoflik
• onstigtelik
• ontstellend
• onvleiend
• skadelik
• skerp
• smadelik
• snedig
• snydend
• tergend
• tergerig
• verkleinerend
• vlymskerp

Antoniem:
• strelend

Vertaling:
Engels: offensive, insulting, offending
Nederlands: kwetsend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van kwets.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konsekwent
Volgende onderwerp: kwyt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 11:45:13 UTC 2025