Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » konsekwent
konsekwent [boodskap #136305] Tue, 20 April 2021 13:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsekwent
Afbreking: kon•se•kwent


Byvoeglike naamwoord: konsekwent
Vergrotende trap: konsekwenter
Oortreffende trap: konsekwentste
Attributief: konsekwente
Partitief: konsekwents

Betekenis:
• Wat logies op die voorafgaande volg; volgens vasgestelde reëlmaat en sonder onverwagte veranderings.

Gebruik:
• Die reëls moet konsekwent toegepas word, maar ons skeidsregter is nie altyd so konsekwent nie!

Sinoniem:
• beginselgetrou
• beginselvas
• bestendig
• betroubaar
• egalig
• gereeld
• gevolglik
• koersvas
• logies
• ondubbelsinnig
• onveranderlik
• onwrikbaar
• ordelik
• reëlmatig
• samehangend
• sistematies
• standhoudend
• standvastig
• stelselmatig
• strykdeur

Antoniem:
• inkonsekwent

Afgelei:
• konsekwentheid

Vertaling:
Engels: consistent, logical
Nederlands: veel voorkomend, consequent, consistent

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spoeg
Volgende onderwerp: kwetsend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 12:05:06 UTC 2025