Leksikograaf Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kamee
Afbreking: ka•mee
Selfstandige naamwoord: kamee
Meervoud: kameë
Betekenis:
• 'n Edelsteen in reliëf gesny, sodat die verhewe figuur 'n ander kleur as die agtergrond het.
• 'n Kort letterkundige bydrae wat iets in sterk besonderhede verbeeld.
• 'n Kleinerige rol in 'n rolprent of toneelstuk.
Gebruik:
• Die pragtige kamee kan as 'n borsspeld of as 'n hangertjie gedra word.
• Haar vertolking van die rol is 'n ware kamee.
• Alfred Hitchcock het 'n kameeverskyning in een van sy eie rolprente gemaak.