kompleks [boodskap #136301] |
Mon, 19 April 2021 14:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kompleks
Afbreking: kom•pleks
Selfstandige naamwoord: kompleks
Meervoud: komplekse
Verkleinwoord: kompleksie
Meervoud van verkleining: kompleksies
Betekenis:
• 'n Klomp geboue wat bymekaar lê en dieselfde funksie vervul.
• (psigologie) 'n Groep kondisies wat tot abnormale gedrag lei.
• (skeikunde) 'n Saamgestelde verbinding.
Gebruik:
• Hierdie kompleks bestaan uit twee rugbyvelde en drie tennisbane.
• Die pasiënt het 'n kompleks ontwikkel en die plot verloor.
• Die DNS-molekuul is 'n kompleks van suikers en sure.
Afgelei:
• gebouekompleks
• minderwaardigheidskompleks
• sakekompleks
• sportkompleks
• winkelkompleks
Vertaling:
Engels: complex
Nederlands: complex
Byvoeglike naamwoord: kompleks
Vergrotende trap: komplekser
Oortreffende trap: kompleksste
Attributief: komplekse
Betekenis:
• Wat ingewikkeld en moeilik is, of uit baie onderdele bestaan.
Gebruik:
• Die probleem is uiters kompleks.
Sinoniem:
• gekompliseer
• ineengestrengel
• ingewikkeld
• moeilik
• swaar
• verwikkeld
Antoniem:
• eenvoudig
Afgelei:
• kompleksiteit
Vertaling:
Engels: complex
Nederlands: complex
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|