Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ingewyde
ingewyde [boodskap #136296] Sun, 18 April 2021 14:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ingewyde
Afbreking: in•ge•wy•de


Selfstandige naamwoord: ingewyde
Meervoud: ingewydes

Betekenis:
• 'n Lid van die binnekring; iemand wat die geheime ken.

Gebruik:
• Die Katolieke Kerk het geglo dat slegs die ingewydes die Heilige Skrif kon interpreteer.

Sinoniem:
• bloedbroer
• ingeligte
• medelid

Antoniem:
• oningewyde

Vertaling:
Engels: insider
Nederlands: ingewijde


Byvoeglike naamwoord: ingewy
Attributief: ingewyde

Betekenis:
• Verlede deelwoord van inwy; wat ingewy is.

Gebruik:
• Kennis van die organisasie se geheime simbole is slegs aan ingewyde lede bekend.

Vertaling:
Engels: adept, initiated
Nederlands: ingewijde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoofgang
Volgende onderwerp: innemend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 12:08:44 UTC 2025