Re: Dankie tog Luyt is uit die pad! [boodskap #14688] |
Thu, 14 May 1998 00:00 |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Cyberant wrote:
>
> Die man is arogant, boonop 'n nepotis! Hy het al lankal, nog voor dat die
> NSC met hom begin peuter het my 'n kriewelrigheid onder die kuwe gegee.
> Eerstens is die man net nie vir my die toobeeld van 'n karakter wat jy aan
> die stuur van so 'n nasionale organisasie wil sien nie. Jy kan nie rugby
> uit 'n besigheids oogpunt bestuur nie! Ek kan nie dink dat die raad se
> ander lede dit toegelaat het sommerso sonder gelaat nie. Hy het die SARFU
> berdyf as 'n skans gebruik om sy beursie te stop en sy eie besighede wat hy
> wel besit glo my... aan te help.
So vir ons om jou te glo - put feite boet, put die feite. Meeste mense
is nou redelik gatvol van rumours en onbevestigde beskuldigings wat
rondvlieg oor Luyt. Lekker plek die SA waar iemand kan beswadder word
net oor mens nie van sy karakter hou nie. Sal interesant wees as die
ondersoek nou kan voortgaan om te sien wat hy rérig verkeerd gedoen het.
Rugby is, as jy nog nie weet nie, nou 'n proffesionele sport en daarvoor
het jy 'n proffesionele bestuurder nodig. Hoop SARFU het genoeg visie om
iemand aan te stel wat darem 'n besigheid sin het of sy magte so af te
wentel dat die bestuurspan kan bestuur sonder inmenging van 'n
president. (maak dit twee presidente :) ) Net so terloops, sal nog
interesanter wees om te sien wat gebeur as Luyt 'n paar mense hof toe
sleep oor gerugte wat hulle as die waarheid verspei.
> Nou wil die bliksem kom staan en aanmerksels rongooi dat die afrikaner nie
> murg in sy pype het nie, en dat hy gedink het daar steek meer in hulle pype
> as net wind, en wie weet wat nog nie. Wie de donder dink die man is hy nou
> eintlik?!!?
Wel die klomp in die SARFU bestuur het hom ondersteun tot by die rand
van die vulkaan en toe dinge te warm raak het hulle soos Leendert sê die
Oupa vir die mensvreters geoffer.
> Ek kan nie sien hoekom almal so groot boehaai maak oor die storie nie. Dit
> is tog die doel en die reg van die NSC om dit te doen. Ons moet eers
> bekommerd raak wanneer hulle dieselfde doen met 'n ander sport liggam!
>
Huh? So rugby mag geoffer word? Ander sportsoorte nie?
|
|
|