introvert [boodskap #136285] |
Fri, 16 April 2021 17:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
introvert
Afbreking: in•tro•vert
Selfstandige naamwoord: introvert
Meervoud: introverte
Verkleinwoord: introvertjie
Meervoud van verkleining: introvertjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat na binne gekeer is; iemand wat oor die algemeen skaam en teruggetrokke is.
Gebruik:
• Daar is 'n kontinuum van karaktertrekke en niemand kan 100% as 'n introvert of 'n ekstrovert geklassifiseer word nie.
Antoniem:
• ekstrovert
Verwant:
• introversie
• introversietelling
• introverties
Vertaling:
Engels: introvert
Nederlands: introvert
Byvoeglike naamwoord: introvert
Attributief: introverte
Betekenis:
• Die mate waarin iemand na binne gekeer is.
Gebruik:
• Introverte persone put genot uit alleen-aktiwiteite soos lees, skryf, rekenaarverwante aktiwiteite, stap en visvang.
Vertaling:
Engels: introverted
Nederlands: extrovert
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|