gierig [boodskap #136282] |
Fri, 16 April 2021 13:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gierig
Afbreking: gie•rig
Byvoeglike naamwoord: gierig
Vergrotende trap: gieriger
Oortreffende trap: gierigste
Attributief: gierige
Partitief: gierigs
Betekenis:
• Wat nie graag geld, of iets wat in oorvloed besit word, aan ander gee nie.
Gebruik:
• Die man is so gierig dat hy nie sommer vir 'n kelner 'n fooitjie van meer as R10 sal los nie.
Sinoniem:
• hebsugtig
• inhalig
• skraapsugtig
• suinig
• vrekkig
Antoniem:
• vrygewig
Afgelei:
• geldgierig
• gierigaard
• gierigheid
Vertaling:
Engels: stingy, miserly, covetous
Nederlands: gierig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|