salarisverhoging [boodskap #136280] |
Fri, 16 April 2021 13:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
salarisverhoging
Afbreking: sa•la•ris•ver•ho•ging
Samestelling: salaris + verhoging
Selfstandige naamwoord: salarisverhoging
Meervoud: salarisverhogings
Verkleinwoord: salarisverhoginkie
Meervoud van verkleining: salarisverhoginkies
Betekenis:
• 'n Verhoging in die salaris wat 'n werknemer van sy werkgewer ontvang.
Gebruik:
• Die regering en vakbonde het op 'n salarisverhoging van 7% vir staatsamptenare ooreengekom.
Sinoniem:
• loonverhoging
• salarisaanpassing
Vertaling:
Engels: wage increase, rise in salary
Nederlands: salarisverhoging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|