Leksikograaf Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die daeraad.daeraad
Afbreking: da•e•raad
Samestelling: dae + raad
Selfstandige naamwoord: daeraad
Meervoud: daerade
Betekenis:
• Die aanbreek van die nuwe dag; tyd net voor die sonsopkoms.
• (figuurlik) 'n Nuwe begin.
Gebruik:
• Die wat vroeg opstaan sal met die prag en praal van die daeraad beloon word.
• Die politici het 'n nuwe daeraad beloof, maar daarvan het daar ook mooi niks gekom nie.