plofkrag [boodskap #136266] |
Wed, 14 April 2021 08:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plofkrag
Afbreking: plof•krag
Samestelling: plof + krag
Selfstandige naamwoord: plofkrag
Meervoud: plofkragte
Betekenis:
• Die krag waarteen 'n bom ontplof.
• Die tempo waarteen energie losgelaat word.
Gebruik:
• Die eerste kernbom het 'n plofkrag van byna 20 kiloton gehad.
• Tydens die oefening sal die rugbyspelers se balans, ratsheid en plofkrag getoets word.
Vertaling:
Engels: explosive power
Nederlands: explosieve kracht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|