afsydig [boodskap #136265] |
Wed, 14 April 2021 08:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afsydig
Afbreking: af•sy•dig
Byvoeglike naamwoord: afsydig
Vergrotende trap: afsydiger
Oortreffende trap: afsydigste
Attributief: afsydige
Partitief: afsydigs
Betekenis:
• Wat nie deelneem of betrokke raak nie; eenkant en neutraal bly.
Gebruik:
• Moet U tog nie van my afsydig hou nou dat ek in die nood is nie. [Psalms 102:3]
Sinoniem:
• afsonderlik
• afwesig
• apaties
• gedistansieer
• gereserveer
• geslote
• koel
• koud
• onbetrokke
• ongeërg
• ongeïnteresseerd
• onmededeelsaam
• onsimpatiek
• teruggetrokke
Afgelei:
• afsydiges
• afsydigheid
Vertaling:
Engels: aloof, impartial, neutral
Nederlands: afzijdig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|