apokrief [boodskap #136264] |
Tue, 13 April 2021 20:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
apokrief
Afbreking: a•po•krief
Byvoeglike naamwoord: apokrief
Attributief: apokriewe
Betekenis:
• Wat nie as eg bewys is nie.
• (religie) Wat nie in Bybel hoort nie.
Gebruik:
• Sy storie klink maar vir my 'n bietjie apokrief.
• Naas die 66 boeke van die Bybel is daar ook apokriewe geskrifte wat uit die tyd van die Ou en Nuwe Testament dateer.
Sinoniem:
• ongeloofwaardig
• onseker
• twyfelagtig
Antoniem:
• kanoniek
Vertaling:
Engels: apocryphal
Nederlands: apocrief
Selfstandige naamwoord: apokrief
Meervoud: apokriewe
Betekenis:
• 'n Oorgelewerde teks wat nie tot die Bybel hoort nie.
Gebruik:
• Die boek Tobit is 'n Ou-Testamentiese apokrief wat vertel hoe God sorg vir die mense wat hom dien.
Vertaling:
Engels: apocrypha
Nederlands: apocrief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|