Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » konkreet
konkreet [boodskap #136260] Tue, 13 April 2021 18:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
konkreet
Afbreking: kon•kreet


Byvoeglike naamwoord: konkreet
Attributief: konkrete
Partitief: konkreets

Betekenis:
• Wat tasbaar en seker is; in die realiteit bestaan.

Gebruik:
• Die digbundel se titel kontrasteer reeds die konkrete met die nie-tasbare en hierdie kontras word regdeur die bundel as motief gebruik, waar die nie-tasbare konkreet word en ook andersom.

Sinoniem:
• aktueel
• bestaande
• feitelik
• reëel
• stoflik
• tasbaar
• uitdruklik
• voelbaar
• waarneembaar
• werklik

Antoniem:
• abstrak

Afgelei:
• konkreetheid

Afkorting:
• konkr.

Vertaling:
Engels: concrete, perceivable, real
Nederlands: concreet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dikbek
Volgende onderwerp: kalant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 12:00:50 UTC 2025