oorgawe [boodskap #136248] |
Sun, 11 April 2021 16:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorgawe
Afbreking: oor•ga•we
Selfstandige naamwoord: oorgawe
Meervoud: oorgawes
Betekenis:
• Die handeling van oorgee; oorhandiging van eiendom of mag.
• Voluit en onvoorwaardelik; met spontaneïteit en toewyding.
Gebruik:
• Die vyand is tot onvoorwaardelike oorgawe gedwing.
• Doen alles wat die moeite werd is om te doen met absolute oorgawe.
Sinoniem:
• kapitulasie
Afgelei:
• boedeloorgawe
Vertaling:
Engels: surrender, cession; devotion, passion
Nederlands: overgave
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|