weerspannig [boodskap #136247] |
Sun, 11 April 2021 10:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weerspannig
Afbreking: weer•span•nig
Byvoeglike naamwoord: weerspannig
Vergrotende trap: weerspanniger
Oortreffende trap: weerspannigste
Attributief: weerspannige
Partitief: weerspannigs
Betekenis:
• Wat weerstand bied en nie wil saamwerk nie; teen die prikkels skop.
Gebruik:
• Die werknemer is ontslaan omdat hy erg weerspannig en aggressief teenoor die maatskappy se bestuur opgetree het.
Wisselvorm:
• wederspannig
Sinoniem:
• dwars
• dwarstrekkerig
• dwarsweg
• halsstarrig
• hardkoppig
• hardnekkig
• koppig
• onregeerbaar
• ontembaar
• onwillig
• opstandige
• rebels
• uitdagend
• weerbarstig
Afgelei:
• weerspanniges
• weerspannigheid
Vertaling:
Engels: recalcitrant, rebellious
Nederlands: weerspannig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|