Chinees [boodskap #136245] |
Sun, 11 April 2021 10:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Chinees
Afbreking: Chi•nees
Uitspraak: /ʃiˈniə̯s/
Selfstandige naamwoord: Chinees
Meervoud: Chinese
Verkleinwoord: Chinesie
Meervoud van verkleining: Chinesies
Betekenis:
• Persoon wat in China woon of van daar afkomstig is.
Gebruik:
• Die Chinees het in die middel van die Leeupark uitgeklim om foto's te neem.
Wisselvorm:
• Sjinees
Hiperoniem:
• Asiaat
Vertaling:
Engels: Chinese, Chinaman
Nederlands: Chinees
Zoeloe: iShayina, umShayina, uNoklinsi
Selfstandige naamwoord: Chinees
Meervoud: –
Betekenis:
• Enige van die tale en dialekte van China (soos Gan, Hakka, Hoenannees, Kantonnees, Mandaryns, Noord-Min, Suid-Min en Woe).
Gebruik:
• Chinees is die taal wat deur die meeste mense op aarde gepraat word. Kan jy Chinees na Afrikaans vertaal?
Sinoniem:
• Sinities
Vertaling:
Engels: Chinese
Nederlands: Chinees
Byvoeglike naamwoord: Chinees
Attributief: Chinese
Betekenis:
• Van, uit, betreffende China of die mense van China.
Gebruik:
• Die Groot Chinese muur is meer as 21 duisend kilometer lank.
Vertaling:
Engels: Chinese
Nederlands: Chinees
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|