Sjinees [boodskap #136244] |
Sun, 11 April 2021 10:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sjinees
Afbreking: Sji•nees
Uitspraak: /ʃiˈniə̯s/
Selfstandige naamwoord: Sjinees
Meervoud: Sjinese
Verkleinwoord: Sjinesie
Meervoud van verkleining: Sjinesies
Betekenis:
• Persoon wat in Sjina woon of van daar afkomstig is.
Gebruik:
• Die Sjinees het in die middel van die Leeupark uitgeklim om foto's te neem.
Wisselvorm:
• Chinees
Hiperoniem:
• Asiaat
Vertaling:
Engels: Chinese, Chinaman
Nederlands: Chinees
Zoeloe: iShayina, umShayina, uNoklinsi
Selfstandige naamwoord: Sjinees
Meervoud: –
Betekenis:
• Enige van die tale en dialekte van Sjina (soos Gan, Hakka, Hoenannees, Kantonnees, Mandaryns, Noord-Min, Suid-Min en Woe).
Gebruik:
• Sjinees is die taal wat deur die meeste mense op aarde gepraat word. Kan jy Sjinees na Afrikaans vertaal?
Sinoniem:
• Sinities
Vertaling:
Engels: Chinese
Nederlands: Chinees
Byvoeglike naamwoord: Sjinees
Attributief: Sjinese
Betekenis:
• Van, uit, betreffende Sjina of die mense van Sjina.
Gebruik:
• Die Groot Sjinese muur is meer as 21 duisend kilometer lank.
Vertaling:
Engels: Chinese
Nederlands: Chinees
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|