tabberd [boodskap #136243] |
Sun, 11 April 2021 08:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tabberd
Afbreking: tab•berd
Selfstandige naamwoord: tabberd
Meervoud: tabberds
Verkleinwoord: tabberdjie
Meervoud van verkleining: tabberdjies
Betekenis:
• 'n Deftige rok of baadjiepak vir spesiale geleenthede.
Gebruik:
• Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper. [Spreuke 31:22]
Wisselvorm:
• tawwerd
Hiponiem:
• aandtabberd
• skemertabberd
• troutabberd
Afgelei:
• tabberdgoed
• tabberdslip
Vertaling:
Engels: gown
Nederlands: tabberd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|