oerknal [boodskap #136195] |
Mon, 05 April 2021 07:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oerknal
Afbreking: oer•knal
Samestelling: oer- + knal
Uitspraak: /ˈur.knal/
Selfstandige naamwoord: oerknal
Meervoud: oerknalle
Betekenis:
• Kosmologiese model wat die ontstaan van die heelal aan die hand van 'n enorme ontploffing (13,7 miljard jaar gelede) beskryf.
Gebruik:
• Voor die teorie van die oerknal geformuleer is, het die meeste mense geglo dat die heelal staties is en nooit verander nie.
Afgelei:
• oerknalteorie
Vertaling:
Engels: big bang
Nederlands: oerknal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|