| bind [boodskap #136187] |
So., 04 April 2021 17:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bind
Afbreking: bind
Werkwoord: bind
Verlede tyd: het gebind
Verlede deelwoord: gebonde
Betekenis:
• Om iets vas te maak; vasmaak.
• Om saam te sit of te verenig; heg.
• Om dik te maak; verdik.
Gebruik:
• Hy bind die bok aan die paal vas.
• Die liefde bind hulle tot 'n volmaakte eenheid saam.
• Roer meel by tot die mengsel bind.
Spreekwoord:
• Iemand se arms bind. [Iemand magteloos maak.]
Hiponiem:
• aanbind
• inbind
• ombind
• saambind
• vasbind
Afgelei:
• binddraad
• bindend
• binder
• binding
• bindmiddel
• bindvermoë
• bindvlies
• bindweefsel
Vertaling:
Engels: to tie, tie up; to bind; to thicken
Nederlands: binden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|