aanstaande [boodskap #136180] |
Sun, 04 April 2021 10:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanstaande
Afbreking: aan•staan•de
Byvoeglike naamwoord: aanstaande
Betekenis:
• Wat binnekort kom of gaan gebeur.
Gebruik:
• Die Springbokke speel aanstaande naweek teen Wallis.
Sinoniem:
• aankomende
• eerskomende
• eersvolgende
• komende
• toekomstige
• volgende
Afkorting:
• as.
Vertaling:
Engels: approaching
Nederlands: aanstaande
Selfstandige naamwoord: aanstaande
Meervoud: aanstaandes
Betekenis:
• Persoon waarmee iemand binnekort gaan trou; verloofde.
Gebruik:
• Kan ek jou aan my aanstaande voorstel?
Vertaling:
Engels: fiancé, fiancée
Nederlands: aanstaande
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|