Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blikskottel
blikskottel [boodskap #136176] Sat, 03 April 2021 18:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
blikskottel
Afbreking: blik•skot•tel
Samestelling: blik + skottel


Selfstandige naamwoord: blikskottel
Meervoud: blikskottels
Verkleinwoord: blikskotteltjie
Meervoud van verkleining: blikskotteltjies

Betekenis:
• 'n Skottel van blik.
• (eufemisties) 'n Slegte ding of persoon.

Gebruik:
• Pak die vleis in die blikskottel.
• Laat een blikskottel vir my lag. 'n Bok is 'n blikskottel.

Sinoniem:
• bliksem
• blikskater
• niksnut
• swerkater
• swernoot
• vabond

Vertaling:
Engels: tin basin; blighter, rascal
Nederlands: tinschotel; vabond, dondersteen, blaag


Tussenwerpsel: blikskottel

Betekenis:
• Uitroep van ergernis (as versagting van bliksem).

Gebruik:
Blikskottel! Dit was seer.

Vertaling:
Nederlands: bliksem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afpers
Volgende onderwerp: skottel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 12:04:16 UTC 2025