Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agtermekaar
agtermekaar [boodskap #136165] Fri, 02 April 2021 20:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
agtermekaar
Afbreking: ag•ter•me•kaar
Samestelling: agter + mekaar


Byvoeglike naamwoord: agtermekaar
Attributief: agtermekaar

Betekenis:
• Soos dit hoort; in goeie orde; reg.
• Knap of presies.

Gebruik:
• Is julle planne agtermekaar?
• Sy is 'n agtermekaar huisvrou.

Spreekwoord:
• Hy is 'n agtermekaar kêrel. ['n Staatmaker.]
• Jy moet jou dolosse agtermekaar span. [Jy moet jou planne goed uitdink.]

Sinoniem:
• behendig
• knap
• netjies
• ordelik
• piekfyn

Vertaling:
Engels: neat, tidy
Nederlands: agtermekaar

Nota:
• "Agter mekaar" (in 'n ry) vs. agtermekaar (netjies).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afskeid
Volgende onderwerp: angelier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 11:53:42 UTC 2025