afdak [boodskap #136155] |
Vr, 02 April 2021 09:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afdak
Afbreking: af•dak
Samestelling: af + dak
Selfstandige naamwoord: afdak
Meervoud: afdakke
Verkleinwoord: afdakkie
Meervoud van verkleining: afdakkies
Betekenis:
• 'n Skuins dak wat teen 'n muur aangebring is.
Gebruik:
• Trek jou motor onder die afdak in.
Sinoniem:
• oordak
• skermdak
• skutdak
Afgelei:
• afdakskuur
• afdakvormig
• motorafdak
Vertaling:
Engels: shelter roof, lean-to
Nederlands: afdak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|