aanpas [boodskap #136151] |
Fri, 02 April 2021 08:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanpas
Afbreking: aan•pas
Samestelling: aan + pas
Werkwoord: pas aan, aanpas
Verlede tyd: het aangepas
Betekenis:
• Aantrek om te kyk of iets pas.
• Om na gelang van behoefte of omstandighede te verander.
Gebruik:
• Dit is 'n mooi rok, maar ek dink jy moet dit aanpas voordat jy dit koop.
• Die plaasjapie kon nie by die stadslewe aanpas nie.
Sinoniem:
• aantrek
• adapteer
• akkommodeer
• herskik
• inpas
• inrig
• modifiseer
• pas
• pasmaak
• probeer
• verstel
Afgelei:
• aanpasbaar
• aanpaskamer
• aanpasser
• aanpassing
• aanpassingsvermoë
• aanpasvertrek
Vertaling:
Engels: to fit, try on; adapt, adjust
Nederlands: aanpassen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|