kerrie [boodskap #136141] |
Wed, 31 March 2021 17:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kerrie
Afbreking: ker•rie
Selfstandige naamwoord: kerrie
Meervoud: kerrie
Verkleinwoord: kerrietjie
Meervoud van verkleining: kerrietjies
Betekenis:
• 'n Gelerige of rooierige mengsel van sterk speserye wat in kos gebruik word.
• 'n Gereg wat hiervan berei is.
Gebruik:
• Kerrie bevat bestanddele soos borrie, koljander, naeltjies, gemmer en peper.
• Ons eet vanaand kerrie.
Afgelei:
• kerrie-afval
• kerrie-en-rys
• kerrie-eiers
• kerriegeel
• kerriegereg
• kerriehoender
• kerriekos
• kerriekebabs
• kerriekruie
• kerriepoeier
• kerrierys
• kerriesop
• kerrievis
• kerrievleis
Vertaling:
Engels: curry
Nederlands: kerrie, curry
Werkwoord: kerrie
Verlede tyd: het gekerrie
Betekenis:
• Met 'n kerrie berei.
Gebruik:
• Sy kerrie die kos te sterk.
Vertaling:
Engels: to curry
Nederlands: met kerrie kruiden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|