gedwonge [boodskap #136139] |
Wed, 31 March 2021 15:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gedwonge
Afbreking: ge•dwon•ge
Byvoeglike naamwoord: gedwonge
Vergrotende trap: gedwongener
Oortreffende trap: gedwongenste
Intensief: noodgedwonge
Betekenis:
• Wat gedwing word en geen keuse bied nie.
Gebruik:
• Het 'n regering die reg om gedwonge inentings te implementeer om aansteeklike siektes uit te roei?
Sinoniem:
• geforseer
• genoodsaak
• genoop
• onvrywillig
• verplig
Antoniem:
• vrywillig
Afgelei:
• gedwongenheid
Vertaling:
Engels: enforced, compulsory, forcible
Nederlands: gedwonge
Nota:
• Sterk verlede deelwoord van dwing.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|