opponent [boodskap #136134] |
Wed, 31 March 2021 13:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opponent
Afbreking: op•po•nent
Selfstandige naamwoord: opponent
Meervoud: opponente
Verkleinwoord: opponentjie
Meervoud van verkleining: opponentjies
Betekenis:
• Persoon of groep wat in 'n wedywering teengestaan of geopponeer word.
Gebruik:
• Ons span kom môre teen 'n gedugte en waardige opponent te staan.
Sinoniem:
• antagonis
• mededinger
• opposisie
• teenparty
• teenspeler
• teenstander
• teëparty
• teëstander
• vyand
• wederparty
Vertaling:
Engels: opponent, adversary, antagonist
Nederlands: opponent
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|