stilstuipe [boodskap #136130] |
Tue, 30 March 2021 18:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stilstuipe
Afbreking: stil•stui•pe
Samestelling: stil + stuipe
Selfstandige naamwoord: stilstuipe
Meervoud: –
Betekenis:
• Doelbewus nie met iemand praat nie, meestal omdat 'n mens kwaad is of seergemaak voel.
Gebruik:
• Wat maak jy as jou vrou die stilstuipe kry en vir dae nie met jou praat nie?
Sinoniem:
• stilswye
Vertaling:
Engels: the silent treatment
Nederlands: nukkig zwijgen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|