versleg [boodskap #136129] |
Tue, 30 March 2021 17:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versleg
Afbreking: ver•sleg
Samestelling: ver- + sleg
Uitspraak: /fərˈslɛχ/
Werkwoord: versleg
Verlede tyd: het versleg
Teenwoordige deelwoord: verslegtende
Betekenis:
• Slegter maak of word; minder goed uitdraai.
Gebruik:
• Ten spyte van volgehoue pogings om die man se lewe te red, het se toestand vinnig versleg.
Sinoniem:
• agteruitgaan
• degenereer
• vererger
• verswak
Antoniem:
• verbeter
Vertaling:
Engels: to worsen, deteriorate
Nederlands: verslechten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|