stylfiguur [boodskap #136105] |
Sun, 28 March 2021 14:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stylfiguur
Afbreking: styl•fi•guur
Samestelling: styl + figuur
Selfstandige naamwoord: stylfiguur
Meervoud: stylfigure
Betekenis:
• 'n Afwyking in woordgebruik om groter trefkrag aan 'n frase of uitdrukking te verleen.
Gebruik:
• Benoem die stylfiguur in die gedig se eerste versreël?
Sinoniem:
• stylmiddel
Hiponiem:
• antiklimaks
• antitese
• antonomasia
• elisie
• eufemisme
• inversie
• hiberbool
• humor
• ironie
• klanknabootsing
• klimaks
• kontras
• litotes
• metonimia
• oksimoron
• paradoks
• polisindeton
• sarkasme
• satire
• simboliek
• sinekdogee
• sinestesie
• woordspeling
Verwant:
• troop
Vertaling:
Engels: figure of speech
Nederlands: stijlfiguur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|