fokuspunt [boodskap #136099] |
Sun, 28 March 2021 09:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fokuspunt
Afbreking: fo•kus•punt
Samestelling: fokus + punt
Selfstandige naamwoord: fokuspunt
Meervoud: fokuspunte
Betekenis:
• Plek of item wat die oog trek en waarna daar die eerste gekyk word.
• 'n Saak waaraan baie aandag gegee word.
Gebruik:
• Vir 'n kleiner tuin is 'n fonteintjie die ideale fokuspunt.
• Maak lees vir elke kind 'n fokuspunt.
Sinoniem:
• brandpunt
• episentrum
• fokus
• naaf
• senter
• sentrering
• sentrum
Vertaling:
Engels: focal point
Nederlands: focuspunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|