borg [boodskap #136079] |
Fri, 26 March 2021 18:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
borg
Afbreking: borg
Selfstandige naamwoord: borg
Meervoud: borge
Betekenis:
• Iemand wat vir 'n ander se skuld instaan.
• Maatskappy wat vir iets betaal in ruil vir die reg om hul produkte en dienste te adverteer.
Gebruik:
• Dink twee keer voordat u vir iemand borg teken!
• Die rugbyspan se hoofborg het onttrek en daar word nou na 'n nuwe borg gesoek.
Sinoniem:
• donateur
• skenker
Hiponiem:
• hoofborg
Afgelei:
• borgaansoek
• borgaansoeker
• borgakte
• borggeld
• borgpen
• borggewer
• borgplaat
• borgring
• borgskap
• borgsom
• borgsteller
• borgstelling
• borgtog
Vertaling:
Engels: pledge, bail, trust, surety; sponsor
Nederlands: borg
Werkwoord: borg
Verlede tyd: het geborg
Betekenis:
• 'n Finansiële waarborg lewer, of 'n voordeel vir reklame verskaf.
Gebruik:
• Die tennisspeler se rakette word geborg.
Vertaling:
Engels: to sponsor
Nederlands: borgen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|