Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verrinneweer
verrinneweer [boodskap #136064] Thu, 25 March 2021 17:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verrinneweer
Afbreking: ver•rin•ne•weer


Werkwoord: verrinneweer
Verlede tyd: het verrinneweer

Betekenis:
• Stade aanrig of aftakel.

Gebruik:
• Bedags het die hitte my verrinneweer en snags die koue, ek kon nie slaap nie. [Genesis 31:40]

Wisselvorm:
• verruïneer

Sinoniem:
• aftakel
• beskadig
• opneuk
• ruïneer
• skaad
• skend
• verniel
• verwoes

Afgelei:
• verrinnewasie
• verrinneweerder

Vertaling:
Engels: to damage, spoil
Nederlands: verrinneweren, vernielen


Byvoeglike naamwoord: verrinneweer
Attributief: verrinneweerde

Betekenis:
• Wat sleg behandel is en gevolglik skade opgedoen het.

Gebruik:
• Sy skoene is erg verrinneweer.

Sinoniem:
• gehawend
• verfoes

Vertaling:
Engels: damaged, spoiled
Nederlands: verrenneweerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: haardos
Volgende onderwerp: paroniem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 13:56:09 UTC 2025