toga [boodskap #136057] |
Wed, 24 March 2021 18:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toga
Afbreking: to•ga
Selfstandige naamwoord: toga
Meervoud: togas
Verkleinwoord: togatjie
Meervoud van verkleining: togatjies
Betekenis:
• 'n Seremoniële ampskleed met wye moue vir predikante, professore, regters en ander hoogwaardigheidsbekleders.
Gebruik:
• Dink u dat die toga kommunikasie tydens die erediens ondersteun of belemmer?
Sinoniem:
• tabbaard
Afgelei:
• doktorstoga
• togamaker
• togastof
Vertaling:
Engels: gown, robe, toga
Nederlands: toga
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|