| manel [boodskap #136056] |
Wo., 24 Maart 2021 18:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24223 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Man met 'n manel.
manel
Afbreking: ma•nel
Selfstandige naamwoord: manel
Meervoud: manelle
Verkleinwoord: manelletjie
Meervoud van verkleining: manelletjies
Betekenis:
• 'n Deftige baadjie vir 'n man wat agter tot by die knieë hang.
Gebruik:
• In die ou dae het elke diaken en ouderling 'n manel gehad.
Spreekwoord:
• So waar as padda manel dra. [Uitdrukking ter versterking van iets wat gesê word.]
Sinoniem:
• gatjapon (skertsend)
Afgelei:
• manelpak
• manelpant
• swartmanel
• swaelstertmanel
Vertaling:
Engels: tailcoat, frock-coat, dress coat
Nederlands: rokkostuum
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|