konflik [boodskap #136038] |
Mon, 22 March 2021 14:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
konflik
Afbreking: kon•flik
Selfstandige naamwoord: konflik
Meervoud: konflikte
Verkleinwoord: konflikkie
Meervoud van verkleining: konflikkies
Betekenis:
• 'n Botsing tussen partye met onversoenbare doelstellings.
Gebruik:
• Konflik, veral gesonde konflik, is normaal en soms ook noodsaaklik.
Sinoniem:
• antagonisme
• botsing
• dispuut
• dwarstrekkery
• geskil
• konfrontasie
• magstryd
• meningsverskille
• onenigheid
• onmin
• oorlog
• skermutseling
• struweling
• stryd
• stryery
• tweestryd
• twis
• vete
• wrywing
• worsteling
Afgelei:
• konflikhantering
• konflikoplossing
• konfliksituasie
• konflikvermyding
Vertaling:
Engels: conflict
Nederlands: conflict
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|