veerkragtig [boodskap #136032] |
Sun, 21 March 2021 18:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veerkragtig
Afbreking: veer•krag•tig
Samestelling: veer + kragtig
Byvoeglike naamwoord: veerkragtig
Vergrotende trap: veerkragtiger
Oortreffende trap: veerkragtigste
Attributief: veerkragtige
Partitief: veerkragtigs
Betekenis:
• Wat soos 'n veer vinnig terugspring nadat dit vervorm is, of figuurlik, wat omstandighede weerstaan en maklik van probleme herstel.
Gebruik:
• Die veld is veerkragtig en beskik oor die vermoë om ten volle na 'n brand of droogte te herstel.
Sinoniem:
• buigsaam
• elasties
• skokbestand
• plasties
• rekbaar
• soepel
• sponsagtig
Afgelei:
• veerkragtigheid
Vertaling:
Engels: springy, elastic; resilient
Nederlands: veerkrachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|