krummel [boodskap #136031] |
Sun, 21 March 2021 18:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
krummel
Afbreking: krum•mel
Selfstandige naamwoord: krummel
Meervoud: krummels
Verkleinwoord: krummeltjie
Meervoud van verkleining: krummeltjies
Betekenis:
• 'n Klein stukkie kos wat afgebreek het.
Gebruik:
• En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. [Lukas 16:21]
Sinoniem:
• brokdeel
• korreltjie
• krieseltjie
• stofdeeltjie
Afgelei:
• broodkrummel
• kruimeldief
• krummelpap
Vertaling:
Engels: crumb
Nederlands: kruimel
Werkwoord: krummel
Verlede tyd: het gekrummel
Betekenis:
• In baie klein stukkies breek of uitval.
Gebruik:
• Krummel 'n paar fyngemaakte beskuitjies bo-oor.
Vertaling:
Engels: to crumble
Nederlands: kruimelen
Nota:
• Afgelei van kruim, die sagte binnekant van 'n brood.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|