tonteldoos [boodskap #136023] |
Sat, 20 March 2021 16:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tonteldoos
Afbreking: ton•tel•doos
Samestelling: tontel + doos
Selfstandige naamwoord: tonteldoos
Meervoud: tonteldose
Verkleinwoord: tonteldosie
Meervoud van verkleining: tonteldosies
Betekenis:
• 'n Houer met die toerusting wat nodig is om vuur te maak, tipies 'n koker met vlambare tontel, 'n vuurklip en 'n vuurslag daarin.
Gebruik:
• Met die koms van vuurhoutjies het die tonteldoos in onbruik verval.
Vertaling:
Engels: tinderbox
Nederlands: tonteldoos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|